Why a Falcon Slasher?

  • 23 November 2015
  • 789
  •  Falcon Equipment
  •  
  •  




Falcon has been involved in the farming industry for 30 years now, and has also been directly affected by most of the challenges facing farmers every day. We as a company greatly appreciate our farmers – they are not only our customers, they are also our producers. We believe that if farmers are struggling, the country will struggle along with them.

Falcon helps farmers by manufacturing implements that are of such high quality that you need to buy an implement only once and it will last you many years. With little maintenance your Falcon implement will give you years of service at low cost. In addition, your Falcon implement is one of those sentimental implements that almost become part of the family – your son grows up with it and eventually it becomes his. We have customers who say that they have had their Falcon haymaker for as long as 25 years and that it is still operating regularly, without any problems. We are also one of few manufacturers that offer a warranty of 2–3 years, depending on the implement bought.

We are proud to be able to serve the agricultural industry and help it grow from strength to strength.

HOEKOM ‘N FALCON-WENTELSNYER?
Boere het elke dag met ‘n verskeidenheid van uitdagings te doen, of dit nou weerstoestande is of vraag-en-aanbod-ongelykhede, invoerdruk, oorbenutting/oorbeweiding, die gebrek aan ondersteuning van die regering, landelike ontwikkeling en die grondhervormingswet, verouderde/ou implemente en masjinerie, gebrek aan padinfrastruktuur of plaasaanvalle. Al hierdie faktore kan hulle bewys as uitdagings vir ‘n boer en het op die ou end ‘n direkte uitwerking op hul sukses.

Falcon is al vir 30 jaar in die landboubedryf, en is self ook direk geraak deur die meeste van die uitdagings wat boere elke dag in die gesig staar. Ons as maatskappy het baie groot waardering vir boere – hulle is nie net ons klante nie, maar hulle is ook ons produsente. Ons glo dat as die boere sukkel, sukkel die land saam met hulle.

Falcon help boere deur implemente te vervaardig wat van so ‘n hoë gehalte is dat jy ‘n implement net een keer hoef te koop en dit sal jou vir jare hou. Met min onderhoudsorg sal jou Falcon-implement jou jare se diens teen lae koste gee. Jou Falcon-wentelsnyer is boonop een van daardie sentimentele implemente wat later so te sê deel word van die familie – jou seun word daarmee groot en later word dit syne. Ons het klante wat getuig dat hulle hulle Falcon-hooimaker al 25 jaar lank het en dat dit nog steeds gereeld werk, sonder moeite. Ons is ook een van die min vervaardigers wat ‘n waarborg van 2–3 jaar bied, afhangend van die implement wat gekoop word.

Dit is met trots dat ons die landboubedryf dien en van krag tot krag help groei!





Related Articles