What to look out for when you buy equipment

  • 19 December 2016
  • 723
  •  Falcon Equipment
  •  
  •  




First: Does the company concerned have a warranty policy? Few suppliers offer warranties and it could cost you a lot of money if they have sold you the wrong implement for the work you want to do. Falcon offers a 2–3-year warranty, depending on the implement you buy.

Secondly: What type and quality of material has been used? Some implements may look like Falcon implements, for example, but are not anywhere close to the same quality or durability as ours. Many imported implements are available at lower prices today, but are not made for our South African conditions and do not last anywhere near as long as Falcon implements. So in the end it costs you much more if you have to replace equipment – in time, money and frustration.
Another big factor to look at is availability of spare parts. How accessible is your network of spare parts? If your implement or machine requires spare parts and you battle to get hold of those parts, it means production time lost, leading to income lost. Falcon has more than 300 accredited dealers across South Africa and also in various African countries, for convenience and accessibility for our customers.

Another very important point is that there are many spare parts available on the market which are not originals. Falcon’s warranties fall away if customers have not used original Falcon spare parts and encounter problems as a result.

Lastly, it is also very important to ask about assistance with services and repairs.

These are all aspects that need to be considered for the best purchase for your purposes and requirements. In the end you have to be happy and the whole transaction must work in your favour.

WAT OM OP TE LET WANNEER JY TOERUSTING KOOP
Daar is baie aspekte waarna boere of ander verbruikers vandag moet kyk om te verseker dat hulle goeiegehalte-toerusting koop, en ook die regte toerusting vir die nodige werk. Daar is so baie mededingende verskaffers op die mark wat dinge moeilik kan maak vir die eindverbruiker. Advies wat ons kan gee, is om na onder andere die volgende paar dinge op te let.

Eerstens: Het die betrokke maatskappy ‘n waarborgbeleid? Min verskaffers bied waarborge en dit kan jou baie geld kos as hulle die verkeerde implement aan jou verkoop het vir die werk wat jy wil doen. Falcon bied ‘n 2–3-jaar-waarborg, afhangende van die implement wat gekoop word.

Tweedens: Watter soort en gehalte materiaal word gebruik? Sommige implemente lyk byvoorbeeld van sien af dieselfde as Falcon-implemente, maar is nie naastenby van dieselfde gehalte of duursaamheid as ons s’n nie. Baie invoerimplemente vandag is teen laer pryse beskikbaar, maar is nie vir ons Suid-Afrikaanse toestande gemaak nie en hou nie naastenby so lank as Falcon-implemente nie. Dit kos jou dus op die ou end baie meer as jy toerusting moet vervang – aan tyd, geld en frustrasies.

Nog ‘n groot faktor om op te let is beskikbaarheid van onderdele. Hoe toeganklik is jou netwerk van onderdele? As jou implement of masjien onderdele benodig en jy sukkel om daardie onderdele in die hande te kry is dit verlore produksietyd wat tot verlore inkomste lei. Falcon het oor die 300 geakkrediteerde handelaars regoor Suid-Afrika beskikbaar, en ook in sekere Afrikalande, vir gerief en toeganklikheid vir ons klante.

‘n Ander baie belangrike punt is dat daar baie onderdele op die mark beskikbaar is, maar wat nie oorspronklike onderdele is nie. Falcon se waarborge verval as klante nie oorspronklike Falcon-onderdele gebruik nie en as gevolg daarvan probleme ervaar.
Laastens is dit dan ook baie belangrik om te vra na die bystand met dienste en herstelwerk.

Dit is alles aspekte waarna gekyk moet word vir die beste aankoop vir jou doeleindes en behoeftes. Op die ou end moet jy gelukkig wees en moet die hele transaksie in jou guns jou werk.





Related Articles