Amazone-spuite en -tegnologie dra by tot produksiesukses

  • 01 March 2021
  • 937
  •  Falcon Equipment
  •  
  •  




Landboutegnologie ontwikkel teen ’n snel pas en produsente moet dus deurgaans vernuwe of die gevaar loop om agterweë te bly. Vanweë die mededingendheid in die landboubedryf en die voortdurende strewe na verhoogde doeltreffendheid, produktiwiteit en wins, moet produsente op die hoogte bly van die jongste markneigings, produkte en tegnologiese ontwikkelings ten einde relevant, aanpasbaar en toekomsgedrewe te wees.

Dit geld ook vir spuittoerusting en -tegnologie. Maar hoe kies jy ’n doeltreffende spuit om die voortdurende stryd teen onkruid en plae te wen?

Mnr. Ruben van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder by Falcon Agricultural Equipment, sê die aankoop van produksiebates, soos spuittoerusting, kan moeilik wees en daarom moet produsente ’n meganisasievennoot kies wat nie net waarde toevoeg nie, maar ook die nodige ondersteuning bied. Aspekte wat belangrik is, sluit onder meer in ’n bewese diensgeskiedenis, die grootte van die vennoot se bedieningsgebied, die beskikbaarheid van werkwinkels en dienssentrums, en die nakoming van bemarkingsbeloftes.

“Produsente moet soveel moontlik opsies oorweeg om ’n ingeligte besluit te kan neem,” sê Van der Merwe. Weens die hoë produksiekoste van spuitprogramme is dié “huiswerk” noodsaaklik.

Ondoeltreffende toediening het ’n groot impak op winsgewendheid. Gevolglik moet ’n belegging in spuittoerusting en -tegnologie daartoe bydra om insetkoste te besnoei, produksie te verhoog, produkgehalte en bestuursdoeltreffendheid te verbeter en uiteindelik die netto resultate te verhoog.

“Die regte spuittoerusting sal nie net tyd en geld bespaar nie, maar ook die hoeveelheid produk wat nodig is om doeltreffende bestryding toe te pas. Spuittegnologie dra verder daartoe by dat produsente landerye eweredig kan bedek, doeltreffende seksiebeheer kan uitoefen en selfs presisiedosisse kan spuit,” sê Van der Merwe.

Hou spuittoerusting in ’n toptoestand deur seker te maak alle dele is in ’n goeie werkende toestand, reg ingestel en gekalibreer en dat gereelde meganiese inspeksies plaasvind.

“Hoe meer inligting jy oor jou gekose toerusting het, hoe makliker is dit om te onderhou,” sê mnr. Vernon Lötter, Falcon se tegniese adviseur vir die Amazone-reeks. Hy sê raakvat tegnici en ondersteuningsnetwerke speel ’n groot rol. “Jou verhouding met die verskaffer eindig nie op die verkoopsvloer nie, maar sluit ook die dienssentrum en produkkundiges in.”

Hier is ’n paar riglyne:
  • • Toets die spuitstukke gereeld om te verseker toedienings word teen die gegewe druk gelewer.
  • • Maak seker die spuitpunte is die regte grootte (en dat die spreipatroon na wense is).
  • • Volg die vervaardiger se breedvoerige riglyne vir die daaglikse
  • • en jaarlikse dienste en onderhoud.
  • • Onthou dat die skoonmaak van die toerusting maklik, en tog baie belangrik is!





Related Articles