Word deel van die groter, beter beweging

  • 09 September 2020
  • 1179
  •  Falcon Equipment
  •  
  •  nuus




Daarom het Falcon Agricultural Equipment reeds etlike jare gelede snyers wat wyer sny bekend gestel. Daarmee benut die boer die krag wat sy trekker lewer doeltreffender en winsgewender. Hierdie snyers en ander hooimaaktoerusting werk al met groot sukses op talle plase.

Wentelsnyer wat tot 4,5 meter wyd werk
Die grootste wentelsnyer wat in Suid- Afrika vervaardig word, is die Falcon F60-450 Flexwing. Die snyer is spesifiek ontwerp om plaaslike toestande baas te raak en sny 4,5 meter wyd. Dit is oor en oor as uiters doeltreffend bewys en is ook betroubaar en duursaam, soos alle Falcon-implemente.

Die Falcon Flexwing se sukses is deels te danke aan die eenvoudige ontwerp wat hoë werkverrigting en lae versieningskoste meebring.

Die Flexwing-wentelsnyer is uiters aanpasbaar en kan met enige trekker van 50 tot 150 kW werk. Die 4,5-meter wentelsnyer wat met ’n 50-kW trekker gesleep word bied dus uitstekende werksuitset teen ’n lae koste. Die wentelsnyer se veerstelsel help ook dat die trekker sy werkspoed kan handhaaf.

Falcon bied ook sleep- of semi-sleep modelle met snywydtes van 3 meter. Hulle almal sny skoon en is uiters doeltreffend en betroubaar. Die sleepmodelle is geskik vir kleiner trekkers as die semi-sleep modelle.

Die wyer wentelsnyers bou voort op Falcon se reputasie van betroubaarheid in die landboubedryf.

Die ikoniese Falcon Hooimaker®
Die Falcon Hooimaker® het oor die afgelope 35 jaar bekend geword as Suid-Afrika se gunstelling snymasjien as gevolg van sy betroubaarheid en duursaamheid. Die groot, 3,5-meter Hooimaker® het twee rotors wat die implement in staat stel om dubbel die volume gras te sny as wat ’n enkel-rotor snyer sou kon doen. Die snyer is ook beskikbaar in sleep- en semi-sleepmodel/le. Die semi-sleepmodel staan bekend as die F60/350V Hooimaker® en is ontwerp om beter te sny oor ongelyke oppervlaktes. Die F60/350V Hooimaker® benodig ’n trekker van minstens 75 kW met ’n driepunthaak.

Die F60/350VT is die sleepmodel van die Hooimaker® en word agter die trekker gehaak met ’n trekstang. Hierdie model het wiele, wat beteken dat die trekker hom nie van die grond af hoef te lig met die driepunt nie. Dit is die ideale implement om op gelyke oppervlaktes te gebruik en dit kan agter enige trekker van meer as 55 kW ingespan word. Daar is ’n daadwerklike besparing in diesel wanneer een van die groot Falcon Hooimakers® ingespan word in plaas daarvan om twee van die kleiner modelle te gebruik.

Falcon is vanjaar 35 jaar oud. Die geheim tot hulle sukses is deurlopende vernuwing, goeie gehalte en betroubaarheid. Met ’n uitgebreide handelaarsnetwerk bied hulle persoonlike diens aan die boere van Suid-Afrika en dele van Sub-Sahara Afrika.

Vanaf 1985 het Falcon al drastiese veranderings beleef. Wat begin het as ’n klein familie-onderneming, het gegroei tot een van die grootste name in die landboubedryf.

Falcon is ook al ’n gevestigde handelsnaam in Suid-Afrika, met toerusting wat uitgevoer word na meer as tien ander Afrika-lande. Binne die grense van Suid-Afrika spog hulle met ’n handelsnetwerk van meer as 350 takke waarvan 110 uitsluitlik op meganisasie konsentreer.









Related Articles