BEELD Landbou-bylaag – Kap en sny met Falcon

Falcon Agricultural Equipment (Edms.) Bpk. is die grootste vervaardiger van wentelsnyers in Afrika.

Die maatskappy het sy deure in 1985 op sy bestaande perseel in Howick, KwaZulu-Natal, geopen en is ideaal geleë – in ’n boerderygebied en met ’n vooraanstaande landboukollege naby.

Die maatskappy se primêre mark is die landbousektor, met nisverkope in die nywerheids- en turfimplement-markte. Falcon versprei sy produkte deur ’n netwerk van meer as 350 gemagtigde handelaars met ongeveer 110 toegewyde meganisasie-handelaars landwyd.

Die produkte word ook versprei oor ons grense na Afrikalande soos Botswana, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Uganda, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Falcon vervaardig die Falcon- en Locust-implementreekse en ons voortgesette vernuwing- en verbeteringsprogram verseker dat ons op ’n gereelde grondslag implemente bekend stel wat aan ons kliënte se veranderende vereistes voldoen.

Die Falcon-reeks sluit wentelsnyers, Hooimakers®, materiaalhanteringsimplemente, mulchers, grassnyers, strooiers en kapploeë in. Almal is ontwerp om eenvoudig, veilig en diensbaar te wees en uitstekende waarde vir geld te bied. Hulle is gebou om te hou en ons strawwe Suid-Afrikaanse toestande die hoof te bied.

In baie dele van Suid-Afrika is “Falcon” die generiese term vir grassny-implemente, wat van ons die onbetwiste leier op ons gebied maak. Die nakom van ’n bemarkingsbelofte vorm die grondslag van enige suksesvolle bemarkingsveldtog en almal wat die Falcon- handelsmerk koop, koop meer as net ’n produk – hulle koop die erfenis en kundigheid van ’n maatskappy wat al meer as 35 jaar in die land is.

Die Locust-reeks is veral geskik vir kleinhoeweboere, meer pryssensitiewe kopers en opkomende boere. Hierdie reeks implemente, wat wentelsnyers en ’n rollersnyer insluit, werk goed saam met ouer of minder kragtige trekkers.

Falcon voer Amazone-strooiers, -spuite, -grassnyers en -grondbewerkingsimplemente in van Duitsland. Dit is implemente wat die plaaslik vervaardigdes komplementeer.

Falcon Agricultural Equipment (Edms.) Bpk. is daartoe verbind om sy plaaslike gemeenskappe op baie verskillende maniere te ondersteun. Ons hooffokus is die welsyn van kinders en ons lewer ’n veilige en geskikte skoolomgewing vir hulle, sowel as skoolverwante benodigdhede.

Die span is trots op sy professionele benadering tot sake. Elke lid het ’n lang verhouding met sy of haar handelaars en hul klante opgebou gebaseer op eerlikheid, vertroue, respek en integriteit.

Voortreflike klantediens is ’n belangrike deel van die Falcon-belofte.

Recent Posts

Leave a Comment

Contact Us

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

0

Start typing and press Enter to search